Newsletter

Subscribe to our monthly news letter,
    • -

Europese land

Suid Afrikaanse Boere belê in Kroasië

Suid-Afrikaanse boere het vandag ‘n nuwe opsie om in Kroasië te belê en te gaan boer. Hierdie Europese land, alombekend vir sy pragtige eilandryke see, natuurskoon en sonnige klimaat is ‘n nuwe bestemming vir die Suid-Afrikaanse boer. Suid-Afrikaanse boere het reeds in baie ander lande soos Kanada, Argentinië, Nieu-Zeeland, ander Afrika lande en die voormalige USSR republiek van Georgië bele.

Dit is nou tyd om Kroasië ernstig te oorweeg.

Kroasië is ‘n middel Europese land wat volgende jaar (2013) by die Europese Unie (EU) aansluit. Wat beteken dit vir Kroasië? Dit beteken dat alle wette in lyn moes kom met EU wette. Korrupsie is hokgeslaan en die regstelsel is verbeter. Kroasië het ‘n vryemark ekonomie en buitelandse beleggers word presies dieselfde behandel as enige ander Kroasiër. Eiendomsregte word deur die grondwet beskerm.

Daar is eerste wêreld infrastruktuur, nuwe paaie, heelwat lughawens (waarvan 5 internasionaal), besige see en rivier hawens. Kroasië het ‘n strategiese geografiese posisie en fasiliteer die vervoer van goedere oos na wes en wêreldwyd.

Kroasië is redelik yl bevolk met die meeste van die 4.3 miljoen mense wat in die metropolitaanse gebied van die hoofstad, Zagreb, bly. Die kustelike gebiede het kleiner toeriste dorpe en die binneland is deurtrek met klein dorpies.

Die kultuur is Wes-Europees, die werksmag is jonk, baie goed geleerd en meestal tweetalig met Duits of Engels as ‘n tweede taal. Die westerse alfabet en metrieke stelsel word gebruik.

Daar is baie goeie gratis mediese sorg, skool en tertiëre onderwys. Dit is ook ‘n baie veilige land met ‘n uiters lae moord syfer, veral op die platteland waar dit ongehoord is.

Wat betref sport is sokker en basketbal mees gewild, maar rugby en krieket word op klyn skaal gespeel.

Landbou en grondbesit in Kroasië

Sedert die Balkaanse oorlog was daar baie min ontwikkeling van die landbou in Kroasië. Daar is huidiglik baie landbougrond wat ongebruik lê weens verskeie redes: Ouer boere, jongmense wat na die stede trek, gebrek aan geld en kennis om die landbou weer op die been te bring.

Daar is baie geleenthede in die landbou sektor so wel as fondse (Kroasië regering sowel as EU) waarvan gebruik gemaak kan word. Die moontlikhede is eindeloos:

  • Koop landbougrond en begin ‘n nuwe boerdery

  • Werk saam met plaaslike boere aan ‘n gesaamentlike projek

  • Belê in landbou projekte

  • Belê in voedsel produserings aanlegte

  • Koop ‘n bestaande plaas

Veeartsenydienste is op dieselfde vlak as die EU. Die plaaslike boere is gretig vir venootskap en dankbaar vir werkskepping.

Grondbesit was nog altyd belangrik. Met die toetrede tot die EU, net soos met ander nuwe lidlande, is Kroasië genoop om ‘n 7 jaar moratorium te plaas op die koop van plaasgrond deur buitlandse individue. In Kroasië was daar reeds so ‘n moratorium in plek. Ten spyte daarvan is daar baie buitelanders wat wel landbougrond gekoop het en suksesvol boer. Die metode wat gevolg word is om ‘n Kroasiese besigheid te registreer en hierdie besigheid koop dan die grond of plaas. Dit is heeltemal wettig en almal wen: Kroasie kry ernstige beleggers wat werk skep en belasting inkomste bring en die buitelanders, wat die eienaars van die besigheid is, is steeds die grondeienaars. Die beisgheid word dan deur die wet dieselfde beskou as engige Kroasiër, uit die oogpunt van grondbesit. Alle ander tipe eiendom kan vrylik sonder enige beperkings verhandel word.

Om ‘n Kroasiese besigheid te registreer is maklik en vinning. Die minimum kapitaal is HRK 200 000, wat onmiddelik gebruik kan word om bates aan te skaf. Tydelike verblyfspermitte word toegeken aan besigheids eienaars en na vyf jaar kan ‘n mens permanente verblyf kry. Daarna, na nog drie jaa,r kan burgerskap verkry word.

Huidiglik is landbougrond redelik goedkoop maar dit word verwag dat pryse volgende jaar, na die toetrede tot die EU, vinnig sal verhoog.

Geskryf deur: S. Hanekom